18. Wanneer iemand goed sorg vir ’n vyeboom,dan sal hy vye hê om te eet.Wanneer ’n slaaf sy eienaar goed oppas,dan sal die eienaar die slaaf respekteer.
19. Wanneer iemand in die water kyk,dan kan hy sy gesig sien.Dit is dieselfde: Die dinge wat jy dink,wys vir jou wie jy is.
20. Die doderyk, die onderwêreld, word nooit vol nie,meer en meer mense sterf,en oë wil altyd meer en meer kyk.
21. ’n Mens smelt silwer in ’n poten hy smelt goud in ’n oond,en jy weet iemand is belangrikwanneer ander mense hom prys.
22. Jy kan ’n dwaas in ’n stampblok stamp,jy kan hom saam met sandkorrels stamp,maar jy sal nie sy dwaasheid uit hom kan stamp nie.
23. Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het,jy moet weet hoe dit met die troppe diere gaan,
24. want alles wat jy het, kan verdwyn,en ’n koning se nageslag kan ophou regeer.
25. Wanneer jy die gras afgesny het,en dit begin weer groen word,wanneer jy die gras op die bergebymekaargemaak het,
26. dan sal jy klere kan maak van die skape se wolen jy sal bokke kan verkoop om grond te koop.
27. Jy sal genoeg bokmelk hê vir jouselfen vir jou huisgesin,en die meisies wat vir jou werk,sal ook genoeg hê om te kan lewe.