13. Wanneer iemand borg gestaan hetvir ’n mens wat hy nie ken nie,wanneer hy belowe het om te betaalwat iemand uit ’n ander land skuld,dan moet jy sy klere vatas jý iets van hom wil terugkry.
14. Wanneer ’n persoon vroeg in die oggendhard skree om iemand te groet,dan sal mense miskien dink hy is besigom die man te vervloek.
15. ’n Dak wat aanhou lek wanneer dit reën,is soos ’n vrou wat aanhou kla.
16. Jy kan haar nie keer nie,soos jy ook nie die wind kan keer nie,en soos jy ook nie olyf-olie met jou handkan vashou nie.
17. Een stuk yster kan ’n ander stuk yster skerpmaak,so kan een mens ’n ander mens help om slim te word.
18. Wanneer iemand goed sorg vir ’n vyeboom,dan sal hy vye hê om te eet.Wanneer ’n slaaf sy eienaar goed oppas,dan sal die eienaar die slaaf respekteer.
19. Wanneer iemand in die water kyk,dan kan hy sy gesig sien.Dit is dieselfde: Die dinge wat jy dink,wys vir jou wie jy is.