Spreuke 27:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jy moenie spog oor wat jy môre sal doen nie,want jy weet nie wat môre sal gebeur nie.

2. Jy moenie jouself prys nie,iemand anders kan dit doen,iemand van ’n ander plek kan jou prys,jy moenie dit self doen nie.

3. Klip en sand is swaar om te dra,maar wanneer ’n dwaas jou kwaad maak,dan is dit nog swaarder.

4. Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed,dit is soos baie water wat oor jou spoel.Wanneer hy regtig kwaad is,dan kan jy nie teen hom bly staan nie.

5. Dit is beter om eerlik vir iemand te sêwat hy verkeerd doen,beter as om vir hom lief te weesmaar dit nie te wys nie.

6. Wanneer ’n vriend jou seermaak,dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly.Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen,dan haat hy jou.

7. Wanneer iemand genoeg geëet het,dan is heuning nie meer lekker nie,wanneer iemand honger is,dan proe ’n bitter ding ook soet.

8. Iemand wat sy huis los en weggaan,is soos ’n voël wat wegvlieg van sy nes.

9. Olyf-olie en wierook laat jou lekker voel,maar ’n goeie vriend weet beter as jyselfwat goed sal wees vir jou.

Spreuke 27