Spreuke 25:10-23 Bybel vir Almal (ABA)

10. As jy dit doen, en jou naaste hoor dit,dan kan hy miskien sê jy praat nie die waarheid nie,en almal sal onthou wat jy gedoen het.

11. Wanneer iemand die regte ding sêop die regte tyd,dan is dit soos goue appelswat iemand op silwer vasgesit het.

12. Wanneer iemand wat wysheid het,vir jou sê hoe jy moet lewe,dan is dit soos ’n goue ring,soos juwele van goud.

13. Wanneer iemand ’n slaaf gestuur heten die slaaf het die boodskap reg gebring,dan is dit soos wanneer dit warm wasen sneeu het dit lekker koel gemaak.Dit laat die slaaf se eienaar goed voel.

14. Wanneer iemand spog oor ’n presentwat hy nie gee nie,dan is dit soos wanneer daar wolke is en die wind waai,maar daar is nie reën nie.

15. As jy baie geduldig is,dan kan jy met ’n regeerder praaten hom laat besluit om iets te doen,as jy vriendelik praat, dan sal hy miskien begin dinkdat hy iets op ’n ander manier moet doen.

16. Wanneer jy heuning kry,dan moet jy nie te veel eet nie.As jy te veel eet, dan sal jy naar word.

17. Jy moenie te veel by jou naaste kuier nie.As jy te veel by hom kom,dan sal hy nie meer lief wees vir jou nie.

18. Iemand wat ’n vals getuieteen ’n ander mens is,is soos ’n knopkierie, ’n swaard of ’n skerp pyl.

19. Jy moenie dink dat ’n ontrou mensjou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie.’n Ontrou mens is soos ’n stukkende tand of ’n lam voet.

20. Jy moenie vra dat iemand wat wil huil,liedjies moet sing nie.Dit is soos wanneer jy op ’n koue dagiemand se klere wegvat,of soos wanneer jy asyn op ’n seerplek gooi.

21. Wanneer iemand wat vir jou haat, honger is,dan moet jy vir hom kos gee om te eet.Wanneer hy dors is,dan moet jy vir hom water gee om te drink.

22. Dan sal jy hom skaam laat wordomdat hy jou haat,en die Here sal jou beloon.

23. Wanneer die noordewind waai, dan gaan dit reën.Wanneer iemand skinder, dan word mense kwaad.

Spreuke 25