4. Die lui mens ploeg nie wanneer hy moet ploeg nie,en wanneer dit tyd is om te oes,dan soek hy koring om af te sny, maar daar is niks.
5. Wanneer iemand goed dinkvoordat hy vir ander mense sê wat hulle moet doen,dan is dit soos water in ’n diep put. Verstandige mense skep daaruit,hulle luister na wat hy sê.
6. Daar is baie mense wat sê hulle sal doenwat hulle belowe,maar daar is min mense wat regtig doenwat hulle sê.
7. ’n Mens wat reg lewe, lewe eerlik,en sy kinders wat ná hom kom, is gelukkig.
8. Wanneer ’n koning op sy troon gaan sitom te oordeel,dan sien hy alles wat verkeerd is.
9. Wie is daar wat kan sê:“Ek het my lewe skoon gehou,ek het nie sonde gedoen nie”?Niemand.
10. Die Here haat mense wat oneerlik iswanneer hulle dinge weeg of meet.
11. Jy kan sien hoe ’n jongmens iswanneer jy kyk wat hy doen,jy kan sien of hy skoon lewe en eerlik is.
12. ’n Mens het ore wat kan hooren oë wat kan sien,en die Here het hulle gemaak.
13. As jy nie arm wil word nie,dan moet jy nie lief wees vir slaap nie,as jy vroeg opstaan, dan sal jy genoeg kos hêom te eet.