Spreuke 19:6-19 Bybel vir Almal (ABA)

6. Daar is altyd baie mense wat wil hêdat ’n belangrike persoon hulle vriend moet wees,as iemand presente weggee, dan wil almal sy vriend wees.

7. ’n Arm mens se broers hou nie van hom nie,nie een van sy broers nie,sy vriende hou ook nie van hom nie,sy vriende bly ver weg van hom.Wanneer die arm man met hulle wil praat,dan is hulle nie daar nie.

8. Iemand wat wil leer om verstandig te wees,is lief vir sy lewe,dit gaan goed met iemand wat verstandig bly.

9. ’n Vals getuie sal sy straf kry,iemand wat lieg, sal sterf.

10. ’n Mens dink nie dat ’n dwaaslekker sal lewe nie,dit is nog meer verkeerd dat ’n slaafoor leiers regeer.

11. ’n Verstandige mens word nie gou kwaad nie,hy hou daarvan om nie iemand anders se foutete sien nie.

12. Wanneer ’n koning kwaad is,dan moet jy vir hom so bang weessoos vir ’n leeu wat brul.Wanneer die koning vriendelik is,dan is hy so goed vir jou soos douop gras.

13. ’n Kind wat dwaas is, laat dit sleg gaan met sy pa.Wanneer ’n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneerwater aanhou drup deur die dak van ’n huis.

14. Jy erf ’n huis en rykdom van jou voorvaders,maar dit is die Here wat vir jou ’n verstandige vrou gee.

15. ’n Lui mens wil nie ophou slaap nie,daarom het hy nie genoeg om te eet nie.

16. Iemand wat doen wat die Here wil hê,sal aanhou lewe,iemand wat dink dit is nie belangrik om reg te lewe nie,sal sterf.

17. Wanneer iemand goed is vir ’n arm mens,dan is dit dieselfde soos om vir die Heregeld te leen.Die Here sal alles aan hom terugbetaal.

18. Jy moet jou kind reg grootmaak,want dan sal hy reg lewe,jy moenie hom laat sterfomdat jy nie gedoen het wat jy moes doen nie.

19. Iemand wat gou kwaad word,moet sy boete self betaal.As jy hom een maal help,dan sal jy dit weer en weer moet doen.

Spreuke 19