Spreuke 19:18-29 Bybel vir Almal (ABA)

18. Jy moet jou kind reg grootmaak,want dan sal hy reg lewe,jy moenie hom laat sterfomdat jy nie gedoen het wat jy moes doen nie.

19. Iemand wat gou kwaad word,moet sy boete self betaal.As jy hom een maal help,dan sal jy dit weer en weer moet doen.

20. As jy luister na wat mense vir jou sêen as jy leer van hulle,dan sal jy later self wysheid hê.

21. ’n Mens kan baie planne hê,maar dit wat die Here besluit, sal gebeur.

22. ’n Mens kan aanhou doenwat hy graag wil doen,maar dit is beter om ’n arm mens te weesas om ’n mens te wees wat lieg.

23. Iemand wat die Here respekteeren Hom dien, sal aanhou lewe,hy sal genoeg eet en lekker slaap.Niks wat sleg is, sal met hom gebeur nie.

24. ’n Lui mens steek sy hand in die kosbak,maar hy is te lui om sy hand terug te bringna sy mond.

25. As jy ’n pak slae gee vir iemand wat altyd wil spot,dan sal ’n ander jongmens wat baie min weet, iets leer.As jy vir ’n verstandige mens sê hoe hy moet lewe,dan sal hy nog meer verstandig word.

26. Dit is baie lelik wanneer ’n kind slegte dinge doenaan sy ouers en hy jaag hulle weg,’n mens moet skaam wees daaroor.

27. My seun, as jy aanhou om nie te leer nie,dan sal jy altyd dom bly.

28. ’n Getuie wat ’n slegte mens is,spot wanneer mense reg wil doen.Iemand wat verkeerd doen,sê dinge wat mense slegte dinge laat doen.

29. Mense wat altyd wil spot, sal hulle straf kry,dwase sal ’n pak slae kry.

Spreuke 19