Spreuke 16:6-25 Bybel vir Almal (ABA)

6. As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe,dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo.As jy die Here respekteer en Hom dien,dan sal dit nie sleg gaan met jou nie.

7. Wanneer die Here tevrede is met ’n mens se lewe,dan laat Hy ook daardie persoon se vyandein vrede met hom lewe.

8. Dit is beter om ’n bietjie te hê wat jy eerlik gekry hetas om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie.

9. ’n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.

10. Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê,die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie.

11. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg,Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees.

12. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen,want hulle weet dat hulle lank sal kan regeeras mense reg doen.

13. Konings wil hê dat mense die waarheid moet praat,hulle hou van eerlike getuies.

14. Wanneer die koning kwaad word vir jou,dan is jy naby jou dood.As jy wysheid het,dan sal jy probeer om die koning tevrede te hou.

15. Wanneer die koning vriendelik is,dan sal jy aanhou lewe,wanneer hy van jou hou,dan is dit vir jou soos die wolkewat reën bring in die lente.

16. Dit is beter om wysheid te kry as om goud te kry,dit is beter om verstandig te weesas om silwer te wil hê.

17. Eerlike mense loop op ’n padwaar dit nie sleg gaan met hulle nie.As hulle op daardie pad bly,dan hou hulle aan om te lewe.

18. Wanneer iemand hoogmoedig is,dan sal dit gou sleg gaan met hom,wanneer hy dink dat hy beter isas ander mense, dan sal hy gou val.

19. Dit is beter om nederig te weessaam met die mensewat hulleself nie kan beskerm nie,beter as om ander mense se goed te vaten dan saam met hoogmoedige mense te lewe.

20. Dit sal goed gaan met iemand wat doenwat ’n mens vir hom leer,hy sal gelukkig wees as hy glo dat die Heresal doen wat Hy belowe het.

21. As iemand wysheid het,dan weet mense dat hy verstandig is.Sy woorde is soos heuning,ander mense leer graag van hom.

22. As iemand verstandig is,dan hou hy aan om te lewe,maar dwase kan vir ’n mensnet dom dinge leer.

23. Iemand wat wysheid het, praat verstandig,ander mense kan by hom leer.

24. Woorde wat lekker is om te hoor,is soos ’n heuningkoek,dit is soet en dit hou ’n mens gesond.

25. ’n Mens dink miskien dat hy reg lewe,maar dan bring dit hom later by die dood.

Spreuke 16