Spreuke 12:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Mense respekteer ’n man wat ’n goeie vrou het,maar wanneer ’n man skaam moet wees vir sy vrou,dan is sy soos kanker in sy liggaam.

5. Mense wat reg lewe, dink reg,die planne van mense wat verkeerd doen, help niks.

6. Wanneer die mense wat verkeerd doen, praat,dan wil hulle ander mense laat sterf,eerlike mense se woorde red hulle.

7. Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf,dan is hulle weg,maar die nageslag van mense wat reg lewe,sal altyd daar wees.

8. Mense prys iemand wat verstandig praat,maar hulle spot iemand wat dom dinge sê.

9. Dit is beter om nie belangrik te wees nieen ’n slaaf te hê,as om baie belangrik te weesen nie kos te hê om te eet nie.

Spreuke 12