Spreuke 12:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. Wanneer ’n mens die regte dinge sê,dan sal dit baie goed gaan met hom,en wanneer hy met sy hande werk,dan sal hy beloning kry.

15. ’n Dwaas dink dit is regom te lewe soos hy wil,maar ’n wyse mens luisterwanneer iemand vir hom sê wat om te doen.

16. ’n Dwaas wys dadelik wanneer hy kwaad is,’n verstandige mens wys nie hoe hy voelwanneer mense hom beledig nie.

17. Wanneer iemand die waarheid praat,dan bring hy ’n boodskap wat reg is,’n getuie wat lieg, wil mense bedrieg.

18. Wanneer mense praat en nie dink wat hulle sê nie,dan maak hulle ander mense seer.Wyse mense sê dinge wat ander mense beter laat voel.

19. Woorde wat die waarheid is, bly altyd waar,maar mense weet gou wanneer iemand ’n leuen vertel.

20. Mense wat planne maak om slegte dinge te doen,wil ander mense bedrieg,mense wat planne maak om dit goed te laat gaan,maak ander mense bly.

Spreuke 12