1. Iemand wat daarvan hou dat mensevir hom leer, wil graag dinge weet,iemand wat nie daarvan hou dat mensevir hom sê hoe hy moet lewe nie, is dom.
2. Die Here is goed vir ’n goeie mens,maar Hy straf mense wat skelm planne het.
3. ’n Mens wat verkeerd doen,sal nie aanhou lewe nie,maar die mense wat reg lewe,sal vas bly staan en veilig wees.
4. Mense respekteer ’n man wat ’n goeie vrou het,maar wanneer ’n man skaam moet wees vir sy vrou,dan is sy soos kanker in sy liggaam.
5. Mense wat reg lewe, dink reg,die planne van mense wat verkeerd doen, help niks.
6. Wanneer die mense wat verkeerd doen, praat,dan wil hulle ander mense laat sterf,eerlike mense se woorde red hulle.
7. Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf,dan is hulle weg,maar die nageslag van mense wat reg lewe,sal altyd daar wees.
8. Mense prys iemand wat verstandig praat,maar hulle spot iemand wat dom dinge sê.
9. Dit is beter om nie belangrik te wees nieen ’n slaaf te hê,as om baie belangrik te weesen nie kos te hê om te eet nie.
10. ’n Mens wat reg lewe,weet wat sy diere nodig het,maar mense wat verkeerd doen, is wreed,ook wanneer hulle probeer om goed te wees.
11. Wanneer iemand in sy grond werk,dan sal hy genoeg hê om te eet,’n onverstandige mens doen dingewat vir hom niks help nie.