Sefanja 1:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die Here sê:“Daardie dag sal hulle hoorhoe roep die menseby die Vis-poort,hulle sal hoor hoe huil die mensein die Tweede Stad.Hulle sal hoorhoe die heuwels stukkend breek.

11. Mense wat in die Vysel woon,julle moet huil,want die handelaars sal sterf.

12. Op daardie dagsal Ek al die mense soekwat in Jerusalemin die donker wegkruip,die mense wat tevrede isen dink hulle het niks nodig nie.Ek sal hulle straf.Hulle is die mense wat sê:‘Die Here sal niks doen nie,nie iets wat goed isof iets wat sleg is nie.’

13. Vyande sal hierdie ryk mensese goed wegvaten hulle huise afbreek.Hulle sal weer huise bou,maar hulle sal niein die huise woon nie.Hulle sal wingerde plant,maar hulle sal nie druiwe kryom wyn te maak nie.”

14. Die groot dag van die Here is naby,dit is baie naby, dit kom gou.Dit sal ’n baie slegte dag wees,en die soldate sal skree.

15. Op daardie dagsal die Here kwaad wees.Op daardie dagsal die mense swaarkry.Op daardie dagsal die stormwinde waai.Op daardie dagsal dit baie donker wees.Op daardie dagsal daar donderwolke wees.

Sefanja 1