Sagaria 8:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal my volk red uit die lande waar hulle nou woon, die lande in die ooste en die lande in die weste.

8. Ek sal hulle terugbring, en hulle sal in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en net Ek sal hulle God wees. Ek sal sorg dat alles reg is tussen My en hulle.”

9. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moenie nou moedeloos wees nie. Julle het gehoor wat die profete gesê het toe die mense begin het om my tempel te bou.

10. Voorheen was daar nie geld om mense of diere te huur om die werk te doen nie, en niemand was veilig in die stad nie, want Ek het vyande gestuur.

13. Mense van Juda en Israel, almal het geweet dat die Here julle vervloek het. Nou sal Ek, die Here, julle red, en almal sal weet die Here seën julle. Julle moenie bang wees nie, julle moenie moedeloos wees nie.”

14. Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Toe julle voorvaders My kwaad gemaak het, het Ek besluit om julle te laat swaarkry. Ek het besluit Ek sal nie jammer wees vir julle nie.

15. Maar nou besluit Ek dat Ek goed sal wees vir die mense van Jerusalem en vir die mense van Juda. Julle moenie bang wees nie.

16. “Julle moet nou ook al hierdie dinge doen: Julle moet die waarheid praat met mekaar. Wanneer julle in die poort moet vertel wat gebeur het, dan moet julle die waarheid praat, en wanneer julle in die poort moet besluit oor die mense wat daar kom, dan moet julle reg besluit.

Sagaria 8