1. Daardie dag sal daar ’n fontein wees waar die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem hulle sonde en onreinheid kan afwas.
2. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die name van die afgode laat verdwyn. Niemand in die land sal weer aan die afgode dink nie. Ek sal ook die profete en almal wat onrein is, wegvat uit die land.
3. As daar nog iemand is wat ’n profeet wil wees, dan sal sy eie ouers, sy pa en sy ma, vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy vertel leuens en dan sê jy die Here het jou gestuur.’“Sy eie ouers, sy pa en sy ma, sal hom doodsteek omdat hy ’n profeet wil wees.