7. Die mense van Efraim sal soos goeie soldate wees. Hulle sal bly wees soos mense wat wyn gedrink het. Hulle kinders sal sien wat Ek gedoen het, en hulle sal ook bly wees.
8. Ek sal vir die mense van Efraim fluit om hulle te roep en Ek sal hulle bymekaarmaak. Ja, Ek sal hulle red, en hulle sal weer so baie wees soos voorheen.
9. Ek het hulle weggevat en Ek het hulle tussen ander volke laat woon. Hulle was ver weg in ander plekke, maar hulle het aan My gedink. Daarom sal hulle en hulle kinders lewe, en hulle sal terugkom.