Rut 1:19-22 Bybel vir Almal (ABA)

19. Naomi en Rut het verder geloop totdat hulle in Betlehem gekom het. Almal in die stad was opgewonde. Die vroue het gevra: “Is dit regtig Naomi?”

20. Maar Naomi het vir die mense gesê: “Julle moet my nie Naomi noem nie, julle moet my nou ‘Bitter’ noem, want die Almagtige God het my lewe vir my baie bitter gemaak.

21. Ek het hier weggegaan met baie, maar die Here het my met niks laat terugkom. Die Here, die Almagtige God, het my laat swaarkry, Hy het dit sleg laat gaan met my.”

22. So het Naomi teruggekom uit die land Moab, en Rut, haar Moabitiese skoondogter, het saam met haar gekom. Hulle het in Betlehem gekom toe die mense begin het om die gars af te sny.

Rut 1