Romeine 9:4-22 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ja, hulle is Israeliete, God het hulle aangeneem om sy kinders te wees, Hy het vir hulle gewys Hy is Koning, Hy het verbonde gemaak met hulle, Hy het sy wette vir hulle gegee, Hy het vir hulle gesê hoe hulle Hom moet dien, Hy het baie dinge vir hulle belowe.

5. Hulle voorvaders was die belangrike voorvaders, almal weet wie hulle was. Die Christus was ook ’n Israeliet, Christus wat oor alles regeer. Hy is God, en ons moet Hom altyd prys. Amen.

6. Julle moenie dink dat God iets belowe het en dit het nie gebeur nie. Julle moet weet dat baie Israeliete nie ware Israeliete is nie.

7. En baie mense van die nageslag van Abraham is ook nie ware kinders van Abraham nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Die nageslag van Isaksal jou nageslag wees.

8. Dit beteken: Mense is nie kinders van God net omdat hulle die nageslag van Abraham is nie. Mense is kinders van God omdat Hy belowe het dat hulle sy kinders sal wees.

9. Want God het vir Abraham belowe: Ek sal volgende jaardieselfde tyd terugkomna jou toe.Dan sal jou vrou Sara ’n seun hê.

10. Dieselfde het met Rebekka gebeur. Sy het twee kinders verwag, en een man, Isak, was hulle pa. Hy was ons voorvader.

13. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Ek was lief vir Jakob,maar Ek het nie van Esaugehou nie.

14. Mag ons nou sê dat God nie reg doen nie? Nee, nooit nie!

15. Want God het vir Moses gesê: Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees.

16. Dit wys vir ons: God kies nie mense omdat hulle goeie dinge doen of wil doen nie. God kies mense omdat Hy goed wil wees vir hulle.

17. Want in die Ou Testament sê God vir die farao: Ek het jou ’n koning laat wordsodat Ek kan wyshoe sterk Ek isen sodat almal op die aardekan weet wie Ek is.

18. Ja, God doen wat Hy wil. Hy is goed vir party mense en Hy maak party mense hardkoppig.

19. Jy sê nou miskien: “God doen wat Hy wil doen, en mense kan dit nie keer nie. Hoekom is Hy ontevrede met dit wat ek doen?”

20. Maar jy moet onthou jy is net ’n mens en jy kan nie teen God praat nie. Dit is dieselfde wanneer iemand iets maak. Daardie ding kan nie vir die persoon wat hom gemaak het, vra “Hoekom het jy my só gemaak?” nie.

21. Jy kan ook dink aan ’n pottebakker. ’n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan ’n ander ding maak wat nie spesiaal is nie.

22. God doen dieselfde: Daar is party mense vir wie God moes gestraf het, en Hy wou hulle straf. God wou wys hoe sterk Hy is. Ja, Hy moes hulle gestraf het, Hy moes hulle vir altyd laat sterf het, maar Hy was geduldig, Hy het hulle nie gestraf nie.

Romeine 9