Romeine 14:21-23 Bybel vir Almal (ABA)

21. Dit is beter om nie vleis te eet of wyn te drink of iets anders te doen wat ander gelowiges sonde laat doen nie.

22. Julle glo dat julle weet wat julle mag doen en wat julle nie mag doen nie. Dan moet julle dit nie vir almal vertel nie, net God moet dit weet. Die mense wat iets doen en dink hulle doen reg en voel hulle is nie skuldig nie, is gelukkige mense.

23. Maar wanneer mense iets eet en hulle twyfel of hulle dit mag doen, dan doen hulle verkeerd. Hoekom? Want hulle doen iets, maar hulle glo nie dat dit reg is nie. Wanneer mense glo iets is nie reg nie maar hulle doen dit, dan is dit sonde.

Romeine 14