41. Abimelek het in die stad Aruma gebly, en Sebul het vir Gaäl en sy broers weggejaag uit Sigem.
42. Die volgende oggend het die mense van Sigem uit die stad na die veld gegaan. Abimelek het dit gehoor.
43. Hy het sy manne in drie groepe verdeel en hy het hulle in die veld laat lê en wag. Toe hy sien die mense het uit die stad gekom, het hy hulle begin doodmaak.
44. Hyself en die manne wat by hom was, het vorentoe gehardloop en voor die poort van die stad gaan staan. Die ander twee groepe het al die mense in die veld begin doodmaak.
45. Abimelek het daardie hele dag oorlog gemaak teen die mense in die stad. Hy het die stad oorwin, die mense doodgemaak en die mure afgebreek. Toe het hy sout oor die stad gesaai.