Rigters 9:30-36 Bybel vir Almal (ABA)

30. Toe Sebul, die goewerneur van Sigem, hoor wat Gaäl sê, was hy baie kwaad.

31. Abimelek was by die stad Torma, en Sebul het boodskappers na Abimelek toe gestuur. Hulle het vir Abimelek gesê: “Jy moet weet, Gaäl seun van Ebed het na Sigem gekom, hy en sy broers is besig om die mense van die stad opstandig te maak teen jou.

32. Jy moet nou iets doen, jy en jou manne moet vannag kom en julle moet in die veld lê en wag.

33. En môre-oggend wanneer die son opkom, moet julle opstaan en na die stad hardloop. Dan sal Gaäl en sy manne uitkom, en dan kan jy met hom doen wat jy wil.”

34. Abimelek en al sy manne het toe in die nag gekom en hulle het buite Sigem gelê en wag. Hulle was in vier groepe.

35. Toe Gaäl die oggend voor die poort van die stad gaan staan, het Abimelek en die manne wat by hom was, opgestaan.

36. Gaäl het hulle gesien en hy het vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense bo van die berg af.”Maar Sebul het vir hom gesê: “Nee, jy sien die skaduwees in die berge en jy dink dit is mense.”

Rigters 9