Rigters 9:20-23 Bybel vir Almal (ABA)

20. As julle dit nie doen nie, dan sal Abimelek ’n vuur wees wat die manne van Sigem en Bet-Millo verbrand, en die manne van Sigem en Bet-Millo sal ’n vuur wees wat vir Abimelek verbrand.”

21. Jotam het toe weggehardloop en gevlug. Hy het in die stad Beër gaan woon, want hy was bang sy broer Abimelek maak hom dood.

22. In die derde jaar nadat Abimelek oor die Israeliete begin regeer het,

23. het die Here ’n bose gees gestuur om Abimelek en die manne van Sigem vyande van mekaar te maak. Die manne van Sigem het ontrou geword aan Abimelek.

Rigters 9