7. Ek sal Sisera, die hoof van Jabin se leër, vir jou laat wag by die Kison-rivier. Hy sal sy oorlogkarre en sy manne by hom hê, maar Ek sal jou laat wen teen hom.’ ”
8. Barak het vir Debora gesê: “Ek sal gaan as jy saam met my gaan, maar as jy nie saam met my gaan nie, dan sal ek nie gaan nie.”
9. Debora het gesê: “Ja, ek sal saam met jou gaan, maar onthou, wanneer julle die vyand oorwin, dan sal jy nie die eer kry nie, want die Here sal ’n vrou gebruik om Sisera dood te maak.”Debora het saam met Barak na Kedes gegaan.
10. Barak het die manne van Sebulon en Naftali na Kedes laat kom. Saam met hom het 10 000 manne gegaan, en Debora het ook saamgegaan.