1. Simson het in die stad Gasa gekom. Hy het daar ’n prostituut gesien en na haar toe gegaan.
2. Toe die mense van Gasa hoor Simson is daar, het hulle vir hom gaan wag by die poort van die stad. Hulle het nie geraas nie en hulle het gedink hulle sal hom doodmaak wanneer dit lig word.
3. Maar Simson het in die middel van die nag opgestaan. Die twee deure van die stad se poort was gesluit, maar Simson het die deure saam met hulle rame uit die muur geruk. Hy het die deure saam met die sluitbalke op sy skouers gesit en hy het dit weggedra tot op die berg naby die stad Hebron.
4. Later het Simson verlief geraak op ’n vrou in die Sorek-vallei. Haar naam was Delila.