Rigters 12:4-6 Bybel vir Almal (ABA)

4. Jefta het al die Gilead-mense bymekaargemaak en hulle het oorlog gemaak teen die Efraim-mense, en hulle het die Efraim-mense oorwin. Die Efraim-mense het altyd gesê: “Julle Gilead-mense is mense wat weggeloop het van die Efraim-mense, en julle woon in ’n land wat behoort aan die Efraim-mense en die Manasse-mense.”

5. Die Gilead-mense het by die driwwe in die Jordaan-rivier gaan wag vir die Efraim-mense wat wou teruggaan. Wanneer een van die Efraim-mense wat gevlug het uit die oorlog, daar kom en hy sê hy wil oor die rivier gaan, dan het die Gilead-mense vir hom gevra: “Is jy van die Efraim-mense?” en as hy sê: “Nee,”

6. dan het hulle vir hom gesê: “Sê: Sjibbolet.” As hy dan verkeerd praat en sê: “Sibbolet,” dan het hulle hom gegryp en hulle het hom daar by die Jordaan-rivier doodgemaak. Daar het 42 000 Efraim-mense in daardie tyd gesterf.

Rigters 12