38. Jefta het vir haar gesê: “Goed, jy mag gaan.”Hy het haar laat gaan vir die twee maande, en sy en haar vriendinne het in die berge gaan huil omdat sy moes sterf, sy wat ’n jongmeisie was.
39. Toe die twee maande verby was, het sy teruggekom na haar pa toe. En hy het met haar gedoen soos hy vir die Here belowe het. Sy het nooit by ’n man geslaap nie.
40. Van toe af het die Israelitiese dogters elke jaar vier dae lank gaan huil en treur oor die dogter van Jefta, die Gilead-man.