1. Die Here is Koning.Die aarde moet juig,die baie eilande moet bly wees.
2. Niemand sien die Here nie,daar is donker wolke rondom Hom,maar Hy doen reg en Hy oordeel regwanneer Hy regeer.
3. Wanneer Hy kom, dan is daar ’n vuur voor Hom,en dit verbrand sy vyande rondom Hom.
4. Sy weerligstrale maak die wêreld lig.Die aarde sien dit en bewe.
5. Die berge smelt voor die Here,voor die Here van die hele aarde.
6. Die hemel bring die nuus dat die Here reg doen,al die volke sien dat Hy Koning is.