Psalms 92:5-13 Bybel vir Almal (ABA)

5. want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak,ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het.

6. Here, dit is groot dinge wat U gedoen het,die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan.

7. Dom mense, dwase, weet nieen hulle verstaan nie

8. dat mense wat verkeerd doen,soos plante groei nie,hulle verstaan nie dat dit goed gaanmet al die mense wat slegte dinge doen,maar dat hulle vir altyd sal sterf nie.

9. Maar Ú, Here, U regeer altyd oor alles.

10. Ja, Here, ek weet u vyande sal verdwyn,ja, ek weet hulle sal verdwyn,U sal almal wat slegte dinge doen,wegjaag na al die kante toe.

11. Maar U het vir my so sterk soos ’n oer-os gemaak,U het my laat feesvier.

12. Ek het gesien hoe my vyande val,ek het gehoor hoe skreedie mense wat téén my is,die mense wat slegte dinge doen.

13. Maar mense wat reg doen,is soos ’n palmboom wat groei,soos ’n sederboom wat hoog groeiop die Libanon-berg.

Psalms 92