Psalms 92:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. Dit is goed om vir die Here dankie te sê,om te sing vir U, Hoogste God,

3. om elke môre te sê dat U doen wat U belowe,om elke nag te sê dat U dieselfde bly.

4. Ek doen dit met ’n tiensnaar-harp,en met die musiek van ’n lier,

5. want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak,ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het.

6. Here, dit is groot dinge wat U gedoen het,die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan.

7. Dom mense, dwase, weet nieen hulle verstaan nie

8. dat mense wat verkeerd doen,soos plante groei nie,hulle verstaan nie dat dit goed gaanmet al die mense wat slegte dinge doen,maar dat hulle vir altyd sal sterf nie.

9. Maar Ú, Here, U regeer altyd oor alles.

Psalms 92