Psalms 91:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God,wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm,

2. dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig,U is vir my soos ’n veilige plek in die berge.My God, ek weet U sal my beskerm.”

3. Ja, die Here sal jou red van die vangnetwaarin iemand jou wil vang,Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes.

4. Die Here sal jou beskermsoos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm,Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos ’n skild,soos ’n sterk muur om ’n stad.

5. Jy moenie bang wees vir die dingewat jou in die nag laat skrik nie,of vir die pyle wat mense in die dag na jou toe skiet nie.

Psalms 91