Psalms 91:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God,wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm,

2. dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig,U is vir my soos ’n veilige plek in die berge.My God, ek weet U sal my beskerm.”

3. Ja, die Here sal jou red van die vangnetwaarin iemand jou wil vang,Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes.

Psalms 91