Psalms 9:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die mense wat vir U ken,weet dat U sal doen wat U sê,want U los nie die mensewat naby U wil wees nie.

12. Julle moet vir die Here sing en Hom prys,die Here wat op Sionsberg woon,julle moet vir die volke vertelwat die Here gedoen het,

13. want Hy onthou die mensewat onskuldig gesterf heten Hy straf die mensewat vir hulle doodgemaak het.Hy hoor wanneer mense Hom roepen vra dat Hy moet help,mense wat hulleself nie kan beskerm nie.

14. Here, U moet jammer wees vir my en U moet my help,U moet kyk hoe swaar laat my vyande my kry.Ek is naby die dood, U moet my red.

15. Dan sal ek kan vertelvan die wonderlike dinge wat U gedoen het,dan kan ek in die poorte van Jerusalem juigomdat U my gered het.

16. Die volke het in die gat gevalwat hulle self gegrawe het,hulle voete sit vas in die vangnetwat hulle self styfgetrek het.

17. Die Here het gewys wie Hy is,Hy het reg ge-oordeel.Hy straf die mense wat verkeerde dinge doen. Higgajon Sela

18. Die mense wat verkeerd doen,al die volke wat vergeet dat daar ’n God is,sal na die doderyk gaan.

19. Ja, die Here sal nie vir altyddie arm mense vergeet nie.Die mense wat hulleself nie kan help nie,kan aanhou hoop dat God hulle sal help.

20. Here, U moet nou iets doen,U moet die mense laat besefdat hulle nie sterk is nie,U moet die volke voor U laat kom staanen U moet hulle oordeel.

21. Here, U moet hulle laat skrik,die volke moet besef dat hulle mense is,mense wat sal sterf. Sela

Psalms 9