Psalms 89:1-21 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied. Van Etan, die Esragiet.

2. Here, ek wil altyd sing en sêdat U elke maal doen wat U belowe het,ek wil vir elke geslag leerdat U altyd dieselfde bly.

3. Ja, ek sê dat U altyd doen wat U belowe het,U sal dieselfde bly, soos die lug daarbo.

4. U het gesê:“Ek het ’n verbond gemaak met die man wat Ek gekies het,Ek het vir my dienaar Dawid belowe en gesê:

5. Jy sal altyd ’n nageslag hê,iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.” Sela

6. Here, almal in die hemelmoet praat oor u wonderwerke,die vergadering van die engele moet praat en sêdat U altyd dieselfde bly.

7. Want niemand anders in die hemelis soos die Here nie,nie een van die engele kan doen wat U doen nie.

8. U is God, almal is bang vir U,almal in die groot vergadering van die engele.Almal rondom U respekteer U en dien U.

9. Here, God wat oor alles regeer,niemand is so sterk soos U nie.Here, almal rondom U weetdat U altyd dieselfde bly.

10. Dit is U wat die wilde see stil maak,dit is U wat die hoë branders stil laat word.

11. Dit is U wat vir Rahab geslaan hetsodat hy gesterf het,dit is U wat u vyande na al die kante toe gejaag het,want U is sterk.

12. Die hemel behoort aan U,die aarde behoort ook aan U,die wêreld en alles daarop.U het hulle vas laat staan vir altyd.

13. U het besluit waar die noorde en die suide moet wees,Tabor-berg en Hermon-berg juig omdat hulle U ken.

14. U is sterk, U het baie krag,U kan doen wat U wil doen.

15. U is die Koning wat reg doen aan almalen wat reg oordeel.U doen wat U belowe heten U bly dieselfde.

16. Here, dit gaan goed met ’n volkwat weet hoe om vir U te juigen wat naby U kan lewe.

17. Hulle juig die hele dagomdat hulle U ken,hulle vertel vir almal dat U reg doen.

18. Hulle is sterk omdat U, die Koning, by hulle is,ons is sterk omdat U lief is vir ons.

19. Die Here, die Heilige God van Israel,het ons koning vir ons gegee,die koning wat ons moet beskerm.

20. Lank gelede het U verskynaan die mense wat in U glo,en U het gesê: “Ek het besluit dat Ek’n belangrike man sal help.Ek het iemand van die volk gekiesen Ek het hom belangrik gemaak,

21. Ek het my dienaar Dawid laat komen Ek het hom gesalf met my gewyde olyf-olie.

Psalms 89