8. U is kwaad vir my en ek is moedeloos,dit is soos groot branders wat oor my spoel. Sela
9. U laat die mense wat my ken, ver van my staan,hulle wil nie naby my kom nie.Ek sit vas en ek kan nie uitkom nie.
10. My oë het dof geword, want ek kry baie swaar.Ek het tot U gebid, Here,ek het die hele dag my hande uitgesteek na U.
11. U doen nie wonderwerke vir mense wat dood is nie,hulle staan nie op en hulle prys U nie. Sela
12. In die graf, die onderwêreld,sê mense nie dat U doen wat U belowe nie,hulle sê nie dat hulle seker is U sal help nie.
13. Daar in die donker,die plek waaraan niemand wil dink nie,weet hulle nie dat U wonderwerke kan doenen dat U reg doen aan mense nie.
14. En ek?Ek roep en vra dat U my moet help,ek bid elke oggend tot U.
15. Here, hoekom stoot U my weg,hoekom wil U nie na my kyk nie?
16. Ek kan myself nie help nie,ek was naby die dood vandat ek jonk was.U het my baie swaar laat kry,en ek weet nie wat om te doen nie.
17. U is kwaad vir my, en dit maak my moedeloos.U het my swaar gestraf,ek kan nie daaroor praat nie.
18. Dit voel die hele dag soos ’n watervloedwat om my is,water wat van al die kante oor my stroom.
19. U laat my vriende, die mense vir wie ek lief is,ver van my staan.Dit is alles donker rondom my.