Psalms 86:2-17 Bybel vir Almal (ABA)

2. U moet my lewe beskerm, want ek glo in U.U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal.U is my God.

3. My Here, U moet genadig wees vir my,want ek roep die hele dag,ek vra dat Ú my moet help.

4. U moet my, u dienaar, bly maak,want dit is tot Ú wat ek bid.

5. Want U is goed, my Here, U vergeween U doen alles wat U belowe hetvir al die mense wat tot U bid.

6. Here, U moet luister na my gebed,U moet hoor hoe ek soebat.

7. Wanneer dit sleg gaan met my,dan bid ek tot U, want U sal my antwoord.

8. Nie een van die gode is soos U nie,nie een kan doen wat U doen nie.

9. Al die volke wat U gemaak het,sal kom en voor U buig en u Naam eer,

10. want U is groot, U doen wonderwerke,U is God, U alleen.

11. Here, leer vir my hoe U wil hê dat ek moet lewe,sodat ek sal weet net U is Goden sodat ek u Naam sal eer met my hele hart.

12. My Here, my God, ek sal vir U dankie sêmet my hele hart, ek sal u Naam altyd eer.

13. Want U het vir my alles gedoen wat U belowe het,U het my gered van die doderyk daar onder.

14. O God, hoogmoedige mense wil my aanval,wrede mense wil hê dat ek moet sterf.Hulle maak of U nie daar is nie.

15. Maar U, my Here, is ’n Godwat goed is vir mense wat swaarkryen U is genadig.U is baie geduldigen U doen altyd wat U belowe het,U bly dieselfde.

16. U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my,U moet my sterk maak en my red.Ek behoort aan U vandat ek gebore is.

17. Wys vir my dat U goed wil wees vir my,sodat die mense wat my haat, dit kan sienen kan weet dat hulle nie sal wen nie,want U, Here, help my en verander dinge vir my.

Psalms 86