1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Jedutun.” Van Asaf. ’n Psalm.
2. Ek roep hard na God, ek vra dat Hy my moet help,ek roep hard na God sodat Hy my kan hoor.
3. Dit gaan sleg met my,ek wil hê die Here moet by my wees.Ek steek my hand uit en ek bid,ek hou die hele nag aan,maar niks verander vir my nie.
4. Wanneer ek aan God dink, dan sug en kla ek,wanneer ek begin dink, dan word ek moedeloos. Sela
5. U laat my wakker bly,ek is bekommerd, ek kan nie praat nie.
6. Wanneer ek dink aan die tyd wat verby is,aan die jare lank gelede,
7. wanneer ek in die nag op my lier speel,dan dink ek diep in my harten ek vra vir myself:
8. Wil die Here ons vir altyd los,wil Hy nooit weer goed wees vir ons nie?
9. Het Hy heeltemal vergeetwat Hy vir ons belowe het?Sal Hy nooit weer met ons praat nie?
10. Wil God nie meer genadig wees nie?Of is Hy so kwaad dat Hy nie weerjammer kan wees vir ons nie? Sela
11. En dan sê ek:Daar is iets wat my ongelukkig maak,dit is dat die Hoogste God nie meer doenwat Hy voorheen gedoen het nie.
12. Ek dink aan wat die Here gedoen het,die wonderlike dinge wat U gedoen het,lank gelede,
13. ek dink aan alles wat U gedoen het,die groot dinge wat U gedoen het.
14. O God, U het gedoen wat net U kan doen.Daar is nie ’n ander God wat so groot issoos U nie, o God.