Psalms 71:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ja, ek is nou oud en my hare is grys,U moenie nou vir my los nie.Ek wil vir die nageslag vertel,vir almal wat later gebore sal word,dat U sterk is en dat U groot dinge gedoen het.

19. O God, U doen reg aan almalop die aarde en in die hemel.O God, daar is niemand soos U nie,U wat groot dinge gedoen het.

20. Dit is U wat my baie swaar laat kry het,dit het gevoel of ek klaar in die graf is,maar U sal my weer laat lewe,U sal my weer boontoe laat komuit die diep plekke onder die aarde.

21. U moet my weer belangrik laat word,U moet dit weer goed laat gaan met my.

Psalms 71