1. Vir die leier van die koor: Van Dawid. Om mense te help om te onthou.
2. O God, U moet gou maak en my red.Here, U moet gou maak en my help.
3. Daar is mense wat wil hê dat ek moet sterf,maar U moenie vir hulle laat wen nie,hulle moet verloor.
4. Daar is mense wat my spot,U moet hulle laat vlug,hulle moet weet dat hulle planne nie sal slaag nie.
5. Maar die mense wat naby U wil wees,hulle moet vrolik en bly wees oor U.Die mense wat bly is dat U hulle gered het,hulle moet aanhou sê: “God is groot!”
6. En ek?Ek kan myself nie help nie,ek het niks.O God, U moet gou na my toe kom.Net U kan my help en my vrymaak.Here, U moenie wag nie.