8. U moet al die volke bymekaarbring by Uen U moet hoog bo hulle gaan sit op u troon.
9. Here, dit is U wat die volke sal oordeel,U moet my Regter wees,U weet ek het reg gedoenen ek is onskuldig.
10. U toets ’n mens,U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink,U is die Regverdige God.Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen,laat ophou verkeerd doen,U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.
11. U is my skild, o God, U beskerm mense wat eerlik is.
12. U is ’n regverdige Regter, o God,U is ’n God wat altyd mense straf wat skuldig is.