Psalms 7:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. U toets ’n mens,U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink,U is die Regverdige God.Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen,laat ophou verkeerd doen,U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.

11. U is my skild, o God, U beskerm mense wat eerlik is.

12. U is ’n regverdige Regter, o God,U is ’n God wat altyd mense straf wat skuldig is.

13. Die vyand hou nie op nie, hy maak sy swaard skerp,hy trek sy boog styf, hy wil my skiet.

14. Maar sy eie wapens sal hom doodmaak,die pyle wat hy maak, sal sy eie huis aan die brand steek.

Psalms 7