Psalms 68:29-30-36 Bybel vir Almal (ABA)

3. U jaag hulle weg soos rook wat wegwaai.Die mense wat verkeerd doen,sal voor God verdwynsoos iets wat smelt naby ’n vuur.

4. Maar die mense wat reg doen, sal bly wees,hulle sal by God wees en hulle sal juig,hulle sal vrolik sing.

5. Julle moet sing vir God,julle moet sing oor sy Naam.Julle moet vir Hom ’n pad maak,vir Hom wat deur die droë woestyn ry.Sy Naam is Here,en julle moet vir Hom juig.

6. God is in sy gewyde woonplek.Hy is ’n Pa vir weeskinders en ’n Regterwat reg doen aan weduwees.

7. God laat die mense wat alleen in die wêreld is,in ’n huis woon.Hy bring gevangenes uit die tronken Hy laat dit goed gaan met hulle.Maar mense wat opstandig is teen Hom,moet woon op ’n kaal en droë plek.

8. O God, toe U begin loop het voor u volk,toe U deur die wilde woestyn geloop het, Sela

9. toe U gekom het, toe het die aarde gebewe,en reën het uit die lug geval.Want God was naby, Sinai-berg was hier,God was naby, Hy, die God van Israel.

29-30. Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee.Dit is die krag van God.O God, U het uit u tempel u krag gebruikom ons te red,U het dit gedoen vir Jerusalem.Konings sal presente bring vir U.

31. U moet hard raas met Egipte,daardie wilde dier tussen die riete,die volk wat sterker is as ander volke,soos bulle wat sterker is as kalwers,die volk wat trap op die stukke silwerwat ander volke vir hulle bring.U moet die volke na al die kante toe jaag,die volke wat lief is om oorlog te maak.

32. Hulle moet vir die Here presente bringuit Egipte,die mense van die land Kusmoet hulle hande uitsteeken tot God bid.

33. Mense van al die lande op die aarde,julle moet sing vir God,julle moet die Here prys, Sela

34. die Here wat deur die hemel ry,die hemel wat van die begin af daar is.Luister, Hy praat, Hy praat hard.

35. Julle moet sing oor die krag van God,Hy wat Koning oor Israel is,Hy wys sy krag oral, tot in die wolke.

36. O God, wanneer U uit u tempel kom, dan bewe ons.Ons sê: “Hy is die God van Israel, Hy gee vir ons krag,Hy maak die volk sterk.Ons prys God.”

Psalms 68