Psalms 68:11-26 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die mense wat aan U behoort, het daar gewoon,U was goed, o God,U het gesorg vir die mense wat swaarkry.

12. Toe die Here gesê het hulle moet dit doen,het die vroue die goeie nuus gebring:“Baie soldate,

13. konings en hulle leërs, het gevlug.Hulle het gevlug.”Die vroue wat by die huis gebly het,verdeel die goed wat hulle mans saamgebring het,

14. niemand bly by die skaapkrale nie.Daar is beeldjies van duiwe,mense het hulle oorgetrek met silwer,en hulle vlerke is van goud.

15. Toe die Almagtige die koningsna al die kante toe gejaag het,het dit gesneeu op Salmon-berg.

16. Basan-berg, jy wat ’n groot berg is,Basan-berg, berg wat baie hoë punte het,

17. al die berge wat baie hoë punte het,hoekom is julle jaloersop die berg waar God wil woon,die berg waar die Here altyd wil woon?

18. God het baie oorlogkarre,twee maal 10 000 en nog baie duisende.Die Here is in hulle.Soos Hy op Sinai-berg was,so is Hy nou in die tempel.

19. Toe U opgegaan het teen die hoë berg,het U gevangenes saamgevat.U het presente van die mense geneem,ook van die mense wat opstandig was teen U.U, o Here, o God, het op die berg gaan woon.

20. Ons wil die Here prys, Hy dra ons elke dag.Dit is God wat ons red. Sela

21. Hy is ons God, die God wat ons altyd help.Die Here red mense sodat hulle nie sterf nie.

22. Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan,die koppe van die mense wat aanhou sonde doen.

23. God het gesê: “Ek sal julle vyande laat terugkom,uit Basan of uit die diep plekke in die see,

24. sodat jy met jou voete in hulle bloed kan trap,en jou honde ook van die vyande se bloed kan kry.”

25. O God, almal sien hoe U en almal by Una die tempel gaan.Dit is my God, my Koning,wat na die tempel gaan.

26. Die mense wat sing, loop voor,die mense wat snaarmusiek maak, loop agter,en die meisies wat tamboeryne skud, loop in die middel.

Psalms 68