1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid. ’n Lied.
2. O God, ons wil stil wees voor U,ons wil U prys in Sion,ons wil doen wat ons vir U belowe het.
3. Dit is U wat luister wanneer mense tot U bid.Al die mense wil na U toe kom
4. om te bely dat hulle sondaars is.Ons sondes is vir ons te veel om te dra,dit is U wat ons sondes moet wegneem.
5. Dit gaan goed met iemandwanneer U hom kiesen hom laat nader komom voor u tempel te staan.Hy sal genoeg kry van al die goeie dingein u tempel, u gewyde woonplek.
6. Wanneer U reg doen aan onsen vir ons antwoord,dan doen U wonderlike dinge,U, die God wat ons red.Al die mense weet dat U sal help,al die mense in die verste plekke op die aardeen ver anderkant die see.
7. U is sterk, sterker as alles en almal,U het die berge neergesit op hulle plek.
8. Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil,en die volke hou op om te raas.
9. Die wonderwerke wat U doen,laat die mense op die hele aarde bang word.U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10. U sorg vir die aarde, U gee die reën,U maak die grond baie vrugbaar.’n Groot stroom water kom van Uen U laat die koring groei,ja, U doen dit alles.