1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die duif in die hoë bome.” Van Dawid. ’n Lied, toe die Filistyne hom gevang het in die stad Gat.
2. O God, wees genadig vir my,want daar is mense wat my jaag,hulle hou aan om oorlog te maak teen myen om my te laat swaarkry.
3. My vyande hou nie op om my te jaag nie,want daar is baie mensewat oorlog wil maak teen my. Hoogste God,
4. wanneer ek bang word,dan weet ek U sal my help.