Psalms 50:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Asaf.Dit is God, God die Here, wat praat.Hy roep al die mense op die aarde,Hy roep hulle van waar die son opkomtot waar die son ondergaan.

2. God laat sy lig skyn uit Sion,die mooiste van al die plekke.

3. Ons God kom, Hy bly nie stil nie,’n vuur brand voor Hom,en daar is ’n groot storm rondom Hom.

4. Hy roep na die hemel daarboen na die aarde,Hy wil sy volk oordeel.

5. Hy sê: “Bring bymekaar die mensewat in My glo,die mense wat ’n offer gebring heten wat met My ’n verbond gemaak het.”

6. Almal in die hemel sêdat God reg sal doen aan mense,want Hy is self die Regter. Sela

7. God sê: “My volk Israel, julle moet luister,Ek wil praat.Ek wil getuie wees teen julle.Ek is God, Ek is julle God.

8. Ek wil sê julle doen verkeerd.Hoekom wil Ek dit sê?Sê Ek dit omdat julle offers bring,of omdat julle aanhou om vir My brand-offers te bring?Nee.

Psalms 50