Psalms 49:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. ’n Psalm.

2. Al die mense moet luister na wat ek sê,almal wat in die wêreld woon, moet dit hoor,

3. almal saam, ryk mense en arm mense.

4. Ek sal woorde van wysheid praat,ek sal verstandige dinge sê.

5. Ek wil luister na ’n spreuken terwyl ek op die lier speel,wil ek sê wat dit beteken.

6. Ek sal nie bang wordwanneer dit sleg gaan nie,wanneer ek die sondes rondom my sienvan mense wat my bedrieg nie.

7. Hulle dink hulle geld en rykdom sal hulle help,hulle spog oor die baie goed wat hulle het.

8. Een mens kan nie ’n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie,hy kan nie vir God betaalom die persoon vry te maak nie.

Psalms 49