Psalms 44:4-10 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ja, hulle het die land gevat,maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie,hulle het gewen,maar nie omdat hulle self sterk was nie.Nee, dit was Ú wat sterk wasen wat by hulle was,omdat U lief was vir hulle.

5. O God, dit is U wat my Koning is.Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen.

6. As U by ons is,dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is.As U ons stuur,dan sal ons die mense plat trapwat oorlog wil maak teen ons.

7. Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaardwen nie ’n oorlog vir my nie.

8. Want U het ons gered van ons vyande,U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.

9. Ons het aangehou praatoor wat God gedoen heten ons sal u Naam altyd prys. Sela

10. En toe stoot U ons weg en U verneder ons,U gaan nie saam wanneer onsoorlog gaan maak nie.

Psalms 44