Psalms 44:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. ’n Lied.

2. O God, ons het dit self gehoor,ons voorvaders het dit vir ons vertel.U het iets gedoen toe hulle gelewe het,lank gelede.

3. U het self volke weggejaagen vir u volk ’n woonplek gegee.U het die ander volke laat swaarkryen U het dit goed laat gaan met u volk.

4. Ja, hulle het die land gevat,maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie,hulle het gewen,maar nie omdat hulle self sterk was nie.Nee, dit was Ú wat sterk wasen wat by hulle was,omdat U lief was vir hulle.

Psalms 44