4. Een ding het ek vir die Here gevraen dit wil ek altyd hê:Ek wil my hele lewe lank in sy tempel weesom te sien dat Hy goed is vir myen om vir Hom te mag vra wat Hy wil hê ek moet doen.
5. Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom,Hy sal my veilig in sy tempel laat blysoos wanneer ’n mens hoog op ’n rots staan.
6. Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my,en ek sal juig en offers bring in sy tempel,ek sal sing en musiek maak vir die Here.
7. Here, U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet genadig wees en U moet my antwoord.
8. Ek onthou dat U gesê het ons moet U kom dien,en ek het gekom om U te dien.
9. U moenie keer wanneer ek U wil dien nie,U moenie vir my wegstuur nie.U het my altyd gehelp,moenie my nou los nie,moenie weggaan van my nie,want U is die God wat my red.
10. My pa en my ma sal my miskien los,maar die Here sal my by Hom hou.
11. Here, leer vir my hoe U wil hê ek moet lewe,lei my op ’n veilige pad, want ek het baie vyande.