16. Wanneer die Here met sy vyande raas,wanneer die asem uit sy neus ’n stormwind word,dan word die see leeg,en die fondamente van die wêreld lê oop.
17. Die Here steek sy hand uit die hemelen Hy gryp my,Hy tel my op uit die baie water.
18. Hy red my van my sterk vyande,van die mense wat my haat,want hulle is te sterk vir my.
19. Hulle val my aan wanneer ek swaarkry,maar die Here hou my regop.
20. Hy bring my na ’n plek waar ek vry is,Hy red my, want Hy is lief vir my.
21. Ek is onskuldig,en die Here gee vir my wat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.
22. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.
23. Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doenen ek het gedoen wat Hy beveel het.
24. Ek het alles gedoen wat Hy gesê het,ek het aangehou om reg te doen.