11. Hy het op ’n gerub geklim en Hy het gevlieg,Hy het verskyn op die vlerke van die wind.
12. Dit was donker rondom Hom,donker water en dik wolke het Hom toegemaak.
13. Dit het geblink voor Hom, wolke het verbygegaan,en daar was hael en kole vuur.
14. Die Here het die donderweer laat raas in die lug,die Hoogste God het hard gepraat,en daar was hael en kole vuur.
15. Die baie weerligstrale was sy pyle,Hy het sy vyande na al die kante toe gejaagen Hy het hulle laat vlug.
16. Wanneer die Here met sy vyande raas,wanneer die asem uit sy neus ’n stormwind word,dan word die see leeg,en die fondamente van die wêreld lê oop.
17. Die Here steek sy hand uit die hemelen Hy gryp my,Hy tel my op uit die baie water.
18. Hy red my van my sterk vyande,van die mense wat my haat,want hulle is te sterk vir my.
19. Hulle val my aan wanneer ek swaarkry,maar die Here hou my regop.
20. Hy bring my na ’n plek waar ek vry is,Hy red my, want Hy is lief vir my.
21. Ek is onskuldig,en die Here gee vir my wat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.
22. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.